send link to app

Alfabet Skryf met Fonetiese Klanke in Afrikaans app for iPhone and iPad


4.2 ( 3872 ratings )
Education
Developer: SMART GECKO SOFTWARE DEVELOPMENT (PTY) LTD
4.99 USD
Current version: 1.0, last update: 6 years ago
First release : 18 May 2017
App size: 43.78 Mb

Elke ouer weet dat min dinge so vervullend is as om te sien hoe ’n kind die een mylpaal na die ander haal. Van sit tot staan, van babbelgeluide tot gesels, en dan natuurlik van lees tot skryf.

Dit is nie net ’n hoogtepunt in die lewe van ’n gretige graadeentjie nie, maar is ’n noodsaaklike bousteen in ’n kind se ontwikkeling – ’n bousteen wat vir die res van ’n kind se lewe vrugte afwerp.

Die alfabet skryf met fonetiese klanke app is daarop gefokus om leerders te help met die herkenning van die klanke en letters.

Die app fokus op die volgende:

• Die leer van die alfabet.
• Die herkenning van die klanke en letters.
• Die skryf van die letters van die alfabet.